Mezzo

ONS PASSIE ELKE DAG

LEER MUSIEK BIETJIE VIR BIETJIE

Ons berei jou kind voor vir formele instrumentale musieklesse

ONS LEER

  • Polsslag

  • Dinamika

  • Melodie

  • Toonhoogte

  • Ritme

  • Tempo

LEES MEER

ONS INKORPOREER

ONS GEBRUIK

  • Sang

  • Beweging

  • Slaginstrumente

  • Musikale speletjies

  • Temas en musiek waarmee kinders assosieer

LEES MEER
Mezzo

WAAR KAN JY ONS RAAKLOOP . . .

STUDIO LESSE
Mezzo

AANGENAME KENNIS

KAREN VAN VUUREN

EIENAAR

Ek bied van 2013 af musieklesse aan vir voorskoolse kinders. Dit is my passie en wat ek wil doen vir die res van my lewe. Deur die jare het ek begin navorsing doen oor verskillende metodes waarop musiek aangebied kan word vir kinders. Die algemene metode wat gebruik word was in my opinie nie die beste manier nie. Musiek word in die meeste musiek programme gebruik as ‘n middel waardeur algemene kennis, motoriese vaardighede en woordeskat aangeleer word. Musiek is nie die fokus nie.

Deur die navorsing het ek COLOURSTRINGS ontdek. Die inligting was oorweldigend. Die manier waarop die musiek benader word en hoe dit aan die kinders verduidelik word, was presies wat ek gesoek het. Met POCO TOTS wil ons dié benadering toepas. Ons wil die kinders in logiese stappe musiek verduidelik op ‘n onbewuste vlak, met sang as die middelpunt van die program. ‘n Mens se stem is jou interne instrument. Met sang ervaar mens die maatslag, ritmes, toonhoogtes en al die ander aspekte van musiek van binne. Wanneer kinders sing gebruik hulle meer sintuie en is die leer proses meer persoonlik en maak dit ‘n blywende indruk.

Die voordele van musiek is oneindig. POCO TOTS kan nie wag om ‘n lang musikale pad saam met elke kind te stap nie .

ONTMOET ALMAL
Mezzo

WAARDE VIR JOU GELD

BUITEMUURSE LESSE - SKOLE MET 4 KWARTALE

KOSTES 2025

Lesse is 30 min lank en word weekliks op die skool se perseel aangebied.

Ons volg die staatsskole se jaarkalender.

Elke registrasie beloop ‘n jaarlikse registrasiefooi van R 150.00.

JAARLIKS

R 3100.00 / kind

Hierdie is ‘n eenmalige bedrag betaalbaar voor die einde van Februarie.

KWARTAALLIKS

R 775.00 / kind

Kwartaallikse betalings (4 x R 775.00), is betaalbaar binne die eerste 2 weke van die kwartaal.

MAANDELIKS

R 310.00 / kind

Maandelikse betalings (10 x R 310.00) is betaalbaar oor ‘n periode van 10 maande voor die 7de van elke maand.

STUDIO LESSE

KOSTES 2025

Lesse is tussen 30-45min lank, afhangend van die groep se ouderdom en die hoeveelheid kinders en word een keer 'n week aangebied.

Geen lesse tydens Augustus.

Kontak ons gerus vir meer inligting oor privaat lesse.

MAANDELIKS

R 510.00 / kind

Maandelikse betalings (10 x R 510.00) is betaalbaar oor 'n periode van 10 maande voor die 7de van elke maand.

"IN-LOOP"

R 150.00 / kind

Hierdie is 'n eenmalige bedrag betaalbaar voor afloop van die klas om jou bepreking te bevestig.

© Poco Tots 2023

Musiek vir logo animasie - www.bensound.com
Sosiale media aanwysers deur Harryarts - www.freepik.com